Virtuele Loopbaanskou Veel Voorkomende Vrae

Virtuele Loopbaanskou Veel Voorkomende Vrae

Vrae

Antwoorde

Wat is ʼn Virtuele Loopbaanskou?

Dit is ʼn aanlyn loopbaanskou, waar graduandiwerwers en studente “ontmoet” en inligting deel oor werksgeleenthede

Hoe voeg ʼn Virtuele Loopbaanskou waarde toe tot my Graduandiwerwingsprogram?

U sal ʼn baie studente op alle kampusse kan werf en ook tyd en geld spaar

Hoe werk ʼn Virtuele Loopbaanskou?

Dit sal op ʼn spesifieke tyd op ʼn aanlyn platform plaasvind.  As maatskappye geregistreer is, ontvang hulle ʼn skakel om aan te teken en interaksie te hê met ons studente op al 3 kampusse gelyktydig

Gaan daar steeds ʼn normale Loopbaanskou ook wees?

Nee, die normale loopbaanskou sal nie plaasvind nie, as gevolg van die Covid-19-pandemie, dit sal vervang word deur die Virtuele Loopbaanskou

Ek het vir die normale Loopbaanskou geregistreer. Moet ek weer registreer vir ʼn Virtuele Loopbaanskou?

Nee, u hoef nie weer te registreer vir die Virtuele Loopbaanskou nie. Al wat ons benodig is ʼn bevestiging per e-pos dat u aan die Virtuele Loopbaanskou wil deelneem

Ek het ʼn dubbelstalletjie bespreek vir ʼn normale Loopbaanskou. Sal ek terugbetaal word vir die ekstra betaling?
Ja, u sal terugbetaal word.
Ekstra betalings kan ook oorgedra word na 2021, indien u dit só verkies

Sal ons terugbetaal word vir die ekstra verteenwoordigers wat vroeër vir die normale Loopbaanskou geregistreer is?

Ja, u sal terugbetaal word vir die ekstra verteenwoordigers

Hoe sal ons kontak maak met studente?

ʼn Skakel sal gedeel word met ons studente om aan te teken en aan te sluit by die Virtuele Loopbaanskou en u sal direk met hulle in gesprek kan tree

Met hoeveel studente kan ons verwag om interaksie te hê op die Virtuele Loopbaanskou se platform?

+/- 15000 studente op al 3 kampusse

Sal ons steeds enige van die kampusse kan besoek na afloop van die Virtuele Loopbaanskou?

Ja. Onderhewig aan die universiteit se goedkeuring in ooreenstemming met Covid-19

Gaan daar nog steeds fakulteitspesifieke Loopbaanskoue wees tydens die Virtuele Loopbaanskou?

Ons bied 1 (een) Virtuele Loopbaanskou aan, maatskappye sal gekategoriseer word volgens die geteikende fakulteite

Gaan ons enige opleiding ontvang oor hoe die stelsel werk?

Ja. Alle belanghebbers sal opleiding ontvang voor die gebeurtenis

Wanneer sal die Virtuele Loopbaanskou aangebied word?

Dit vind plaas op 5 Augustus 2020

Hoeveel kos dit om deel te neem aan die Virtuele Loopbaanskou?

R3500.00 (BTW uitgesluit)