CV- en onderhoudopleiding

Dit is deel van die dienste van die Loopbaansentrum van die NWU. Riglyne word aan NWU-studente gegee in die vorm van groepaanbiedings van ongeveer 50 tot 60 minute elk wat studente help om hulle eie CV’s op te stel. Daarbenewens word studente gehelp om hulleself vir werksonderhoude voor te berei. Die aanbiedings word persoonlik gedoen deur die loopbaankonstultante, wat ook met kampusskakelbeamptes regoor die drie kampusse afgewissel word. Studente kry ook uitdeelstukke om hulle te help om die inligting wat hulle by die werkswinkels geleer het, te leer en te onthou.