Nuus - Gratis Jazz Middaguurkonsert 22 Februarie 2019

GRATIS MIDDAGUURKONSERT – 22 FEBRUARIE, NWU Skool vir Musiek Konservatorium

 

Die bekende Amerikaanse duo, DUOPLICITY met Trevor Jorgensen (klarinet en saksofoon) & Robert Auler (klavier) is op toer in Suid-Afrika. Beide musikante is verbonde aan die State University of New York at Oswego.

 

Op Vrydag, 22 Februarie om 13:00 bied die duo ‘n gratis middaguurkonsert aan in die NWU Skool vir Musiek Konservatorium.

 

Trevor Jorgensen is ‘n medeprofessor in Houtblaasinstrumente, waar hy dirigent is van die houtblaas-ensemble en klas gee o.a. in saksofoon, klarinet, hobo, fagot, kamermusiek en jazz. As solis het hy die SAI American Composer’s Concerto Competition en die Elmhurst College Jazz Festival Outstanding Soloist Award o.a. gewen. Jorgensen is ook ervare in die uitvoering van jazz en kommersiële musiek en opnames met die Oswego Jazz Project, Michael Davis, Rufus Reid, Time Absolutely Jazz Combo, Jazz on Chicago Quintet en Mother Blues and the Mojo Band.

 

Bekroonde pianis, Robert Auler, het verskeie nasionale en internasionale klavierkompetisies, insluitende die Society of American Musicians en die Stravinsky Awards. Hy het al saamgewerk met komponiste soos Steve Reich, Aaron Jay Kernis, Carter Pann, George Tsontakis en met wêreldklas-ensembles soos Ying Quartet, MIRO Quartet en Sybarite5. Auler is ook die stigter en uitvoerende direkteur van Laveck Concerts, ‘n konsertreeks wat wêreldklasmusiek na die meer plattelandse dele van die staat New York neem.

 

Werke wat uitgevoer sal word sluit in Song for Bilbao deur Pat Metheny, Personal Mythology deur Trevor Jorgensen, Bye Bye Blackbird deur Ray Henderson, Hotel Skylar deur Robert Auler en meer.

                                                                                                           

Kom deel in ‘n middag van uitsonderlike musiek op 22 Februarie om13:00 in die NWU Skool vir Musiek Konservatorium.