Flip the Switch

“Flip the Switch” het ten doel om bewustheid te skep van energieverbruik en die impak daarvan op die omgewing. Hierdie bewustheid sal die NWU-gemeenskap nie net motiveer om energie te bespaar nie; elkeen kry ook die geleentheid om te begin om ʼn volhoubare verskil te maak in hul gemeenskappe en omliggende areas. ʼn Meer energiebewuste NWU sal uiteindelik die omgewing vir toekomstige generasies bewaar.

Die “Flip the Switch”-veldtog sal:

  • ʼn Opvoedkundige platform bied oor energieverbruik.
  • Werk maak van energievolhoubaarheidsuitdagings by die NWU.
  • Aktiewe interaksie hê met NWU-studente en -personeel sodat hulle bewus sal bly van energieverbruik op elke kampus.
  • ʼn Energiebeloningsprogram implementeer wat innoverende idees van NWU-studente, akademiese en ondersteuningspersoneel sal bevorder, ten einde energieverbruik te verminder.

Die belangrikste doelwit van die “Flip the Switch”-veldtog is vir die NWU-familie om hul Pers Meer Groen te Maak! Rig enige navrae aan green-energy@nwu.ac.za

Flip The Switch kompetisiewenners

Geluk aan Wag-'n-Bietjie-koshuis vir die wen van die Flip The Switch-kompetisie vir Februarie 2020. Wag-'n-Bietjie het daarin geslaag om hulle energieverbruik met 'n verstommende 26% te verminder en sodoende die uitstoot van kweekhuisgas met 12 150 kilogram te help verminder! Dankie dat julle 'n rol gespeel het in ons poging om ons planeet te red.

Wag-'n-Bietjie het geskenkbewyse van Romans Pizza ontvang vir hul waardevolle pogings om hul energievoetspoor te verminder.

Lede van Aktuele Sake tydens Welstandsweek 2020.