JS van der Merwe-gebou (E6)

JS van der Merwe-gebou (E6)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Foto's:  JS van der Merwe-gebou vandag

 

  • Die vak Aard- en Aardrykskunde is vanaf 1934 aan die Potchefstroomse Universiteitskollege aangebied. Die eerste permanente dosent daarvoor was mnr JS (Jan) van der Merwe. Goedkeuring van die owerhede was nog nie gegee vir die aanbied hiervan nie en het eers in 1936 gekom, toe Van der Merwe permanent aangestel is. Hy is in 1940 tot professor bevorder. 
  • Die eerste laboratorium vir Aard- en Aardrykskunde is op 25 Mei 1940 amptelik in gebruik geneem. Dit was een van die oudste permanente geboue op die terrein en het gestaan waar die Administrasiegebou tans is. 
  • Soos met al die ander geboue in die omgewing, het dié gebou nie uitbreiding toegelaat nie, sodat met kleinere wysigings volstaan moes word. Om aan die behoefte aan meer ruimte te voorsien, moes van beskikbare lokale in ander geboue gebruik gemaak word. 
  • Die Departement Geologie wat voorheen in twee vertrekke in die Geografie-gebou gehuisves was en later sy eie laboratorium gehad het, het in 1953 na tien jaar se groei uitbreiding van lokale geregverdig. Daarop is besluit om Geologie ook in die nuwe Geografie-gebou te huisves.
  • Teen 1968 was die oprigting van ’n nuwe gebou onafwendbaar en spoedeisend. Daarvoor is Conradie, Thiel en Van Rooyen as uitvoerende argitekte aangestel. Dit is die eerste gebou van vele op die kampus waarby Nardus Conradie as argitek betrokke was.
  • Sketsplanne vir ’n drieverdiepinggebou teen ’n beraamde koste van R573 000 met 6 000 m2 is voorgelê.
  • Die gebou is aan die einde van 1970 voltooi en na ’n voormalige Geografie-dosent, prof JS van der Merwe, vernoem. 
  • Een van die bekende elemente in die gebou is die marmerroos-patroon gemaak van nege verskillende soorte Suid-Afrikaanse marmer wat op die vloer van die foyer van die onderste verdieping aangebring is. Die inspirasie daarvoor was omdat Geologie in die gebou gehuisves is. Die roos is presies op die ware noord georiënteer, wat andersyds aan Geografie erkenning gee. 
  • In 1971 word die Departement Aardrykskunde die Departement Geografie.