Fisika-gebou

Fisika-gebou

                                                                                                      Gebou in 1960

 

  • Die eerste laboratoria van die Literariese Departement van die Teologiese Skool, nadat dit van Burgersdorp na Potchefstroom verhuis het, was onder meer die ou Voortrekkerkerkie, die eerste kerk van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom (Fisika) en die smidswinkel by die President Pretorius-museum (Dierkunde). 
  • In 1923 is agt sinkgeboue op die kampus van die Potchefstroomse Universiteitskollege in gebruik geneem. Hierdie geboue dateer uit die Anglo-Boereoorlog en is heropgerig op die huidige kampus, die eerste geboue op die kampus. 
  • Laboratoria is in van hierdie geboue gehuisves. 
  • 'n Regeringskommissie wat in 1928 ondersoek ingestel het na universiteite in die land, het aanbeveel dat die PUK gesluit word, onder meer weens swak fasiliteite. Die verslag van die kommissie meld dat Potchefstroom geen laboratoriumfasiliteite het om van te praat nie. 
  • Daar is gereken dat £13 000 nodig was vir die oprigting van laboratoria.
  • Voorkeur is gegee aan die oprigting van die Hoofgebou en terwyl dit in aanbou was, in 1930/31, is daar weer aandag gegee aan die oprigting van die laboratoria. Planne is opgetrek vir twee geboue. 
  • Dit is beraam dat die oprigtingskoste £16 500 beloop, terwyl die volledige uitrusting van die laboratoria op sowat £6 000 gestel is. Daar moes met die regering oor ’n lening onderhandel word. Dit was aanvanklik nie toegestaan nie. 
  • Teen 1934 was die regering meer toeganklik om ’n lening toe te staan, maar die PUK moes £5 500 bydra. 
  • Aan die begin van 1935 is besluit dat die bouwerk onmiddellik aangepak moet word. 
  • Die bouaannemers Sterrenberg & Lutz het die gebou voltooi, waarmee die PUK owerhede tevrede was. 
  • Die skrynwerker wat die houtwerk aan die gebou gedoen het, insluitend banke, vloere, laboratorium-toonbanke en kaste, was PAJ Ryke. Sy seun, prof PAJ (Piet) Ryke, was later aan Dierkunde verbonde en sy kleinseun, Peet Ryke, was vir baie jaar ’n steunpilaar by NWU Kunste. 
  • Met die bou van die gebou van Huishoudkunde is dié gebou daarby geïnkorporeer, as sy noordelike vleuel. Vanaf 1998 staan die vakgebied bekend as Voeding en Gesinsekologie en tans is dit Verbruikerswetenskappe. 
  • Die Fisika-gebou is op 11 Mei 1998 tot Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar en is tans ’n Graad 2 Provinsiale Erfenisterrein. 

 

                                                                                                    Gebou in 1969