Argiewe

 

Die Universiteitsargief is in September 1993 gestig vir die versameling en permanente bewaring van rekords en ander materiaal wat verband hou met die geskiedeins van die Universiteit.

'n Universiteitsargief is 'n plek waar die geskiedenis van die Universiteit bestudeer en nagevors kan word vanuit primêre bronne .

Sedert 2004, toe die NWU gestig is, is die Argief, onder toesig van die Registrateur, verantwoordelik vir die bestuur van die argiefrekords van die Potchefstroomkampus. Ondersteuning is ook aan die argiefpersoneel op die Mahikengkapus- asoon die Vanderbijlparkkampus gegee. In 2017 het die Argief op al drie kampusse saamgesmelt om een departement onder toesig van die NWU registrateur te vorm.

Versamelings

Die korporatiewe deposito en dolumentêre erfenis van die NWU bestaan uit die volgende:

  • 2432 lineêre meter papierargivale materiaal en private versamelings;
  • 426 lineêre meter foto's, kunswerke, plakkate en ander visuale materiaal;
  • 1952 lineêre meter memorabilia en museumitems;
  • 48 lineêre meter publikasies; en
  • 18 IR778548 meter private versamelings.

Argivale versamelings

Prmêre rekords wat dateer uit die laat 1700's en sluit die onderstaande in:

  • Notules van die NWU Raad, die Senaat, fakulteitsrade en komitees wat dateer uit 1915;
  • Administratiewe rekords van die NWU;
  • Privaat versamelings van voormalige personellede en alumni;
  • Rekords van die studenteraad en subliggame sedert 1889;
  • Rekords van die Potchefstroomse Onderwyskollege (POK), wat in 2001 by die NWU geinkorporeer is; en
  • Die Wes-Transvaalse argief oor die geskiedenis van omliggende dorpe in die voormalige Wes-Transvaal.

Fotoversamelings en ander media

Die Argief huisves ook 'n groot fotografiese versameling wat negatiewe, positiewe en digitale foto's insluit.

Foto's is op aanvraag beskikbaar en kan deur middel van skandering geneem word.

Interessante versamelings sluit in:

  • Die Piet Fotokuns versameling - foto's geneem deur die kampusfotograaf van 1958 tot die laat 1990;'s;
  • Kampusnuus foto's;
  • Foto's uit die koshuisargiewe en donasies van verskeie studente-subliggame;
  • 'n Wye verskeidenheid foto's deur professionele fotograwe; en
  • Video-, film- klankopnames.

Skenkings van beeld- en klankmateriaal is altyd welkom, aangesien dit 'n allesomvattende uitbeelding van die geskiedenis van die Universiteit vir toekomstige gebruik sal verseker.

Oordrag en donasies

Rekords wat as "A"-rekords in die NWU se lêerplan en beskikkingskedule geklassifiseer word, moet na die Universiteitsargief oorgeplaas word vir permanente bewaring in ooreenstemming met die Rekordbestuursbeleid van die NWU.

Privaat skenkings, insluitend foto's en memorabilia wat 'n direkte historiese verband met die geskiedenis van die Universiteit het, en enige ander beeldmateriaal, sal verwelkom word.

Vir die oordrag vir Universiteitsrekords word 'n Standaardbedryfsprosedure aan personeellede beskikbaar gemaak.

Vir skenkings en donasies, kan u gerus met die Argivaris skakel.

Navorsing

Navorsers is welkom om die navorsingsfasiliteite van die Argief te gebruik. Om u navorsing so produktief moontlik te maak,  kan u vooraf die personeel kontak rakende u beoogde besoek.

Alle navorsers wat toegang tot argiefmateriaal versoek, moet die vertroulikheidsooreenkoms onderteken nadat hulle sodanige inliting versoek het.

Argiefportefeulje

Die Argief en die Museum werk saam met die Studenteraad, subliggame en studente-organisasies om te verseker dat 'n wye spektrum van studentelewe gedokumenteer word.

Koshuise, subliggame en studente-organisasies stel argiefportefeuljes saam wat jaarliks deur die Argief beoordeel en ontvang word.

Koshuise

Historiese geboue van die NWU