Neem kennis nuwe Locky variant

Neem asseblief kennis dat al hoe meer rekenaars deur die Locky en Zepto virus aangetas word. IT stel alle moontlike maatreëls in plek om die verspreiding van die virus te verhoed. Sien grafiese voorstelling.


 

1. Voorsorg maatreëls:

As u vermoed dat u die virus op u rekenaar het, moet die rekenaar onmiddellik van die netwerk af gehaal word. IT stel voor dat die rekenaar af gesit word om te verhoed dat die virus verder versprei. Kontak asb. die dienstoonbank om ʼn IT-Help te log sodat die rekenaar oor gedoen kan word. 

2. Herwinning van data:
IT kon tot op hede slegs ʼn baie lae persentasie data suksesvol herwin, meer as 95% van die data was verlore. Dit is daarom nie koste-effektief om ure te spandeer om data te herwin nie. Om die virus suksesvol van ʼn rekenaar te verwyder, moet die masjien geherformateer en programme herinstalleer word. Om die masjien slegs skoon te maak is nie ʼn langtermynoplossing nie.
 
3. Stoor op P-skywe:
IT stel voor dat alle amptelike data verkieslik op P-skywe gestoor word. Daar word gereeld rugsteun van P-skywe gedoen en data kan teruggeskryf word indien 'n rekenaar die virus opdoen. In die slegste scenario kan u dalk ʼn dag of wat se data verloor, maar ten minste nie alles nie.
 
4. Eksterne hardeskywe:
Maak asseblief seker dat indien u data na ʼn eksterne hardeskyf rugsteun, die hardeskyf direk daarna ontkoppel en veilig gebêre word. Indien die hardeskyf steeds aan u rekenaar gekoppel is, kan die virus na die hardeskyf versprei en sal die rugsteun van geen waarde wees nie.
 
5. Google Drive, One Drive, DropBox, ens:
Omdat virtuele drywe redelik intyd sinkroniseer, is hierdie soort stoorspasies ook nie bestand teen die virus nie.

 Kontak gerus u IT Dienstoonbank indien u enige probleme ondervind

Vriendelike groete

NWU Inligtingstegnologie span