Gradeplegtighede en Seremonies

Oor die Departement vir Seremonies

Gradeplegtighede

Die Departement vir Seremonies is verantwoordelik vir die organisering van gradeplegtighede op al die kampusse, insluitende:

  • Die skedulering van alle gradeplegtighede
  • Uitnodiging van alle graduandi na hulle plegtighede (± 3-4 weke voor die seremonie)
  • Die druk en aftekening van graadsertifikate
  • Die druk van boekies met die graadprogramme
  • Afsending van graadsertifikate wat in absentia ontvang word
  • Hantering van versoeke vir die heruitreiking van graadsertifikate
  • Verantwoordelikheid vir akademiese protokol en kleredrag

Akademiese transkripsies kan afgelaai word.

Amptelike seremonies 

Die departement vir seremonies is ook verantwoordelik vir die organisering van ander amptelike seremonies van die Noordwes-Universiteit, insluitende:

  • Inhuldigingseremonies
  • Amptelike openingseremonies
  • Amptelike afsluitingseremonies
  • Instelling en herinstelling van die kanselier/visekanselier
  • Afskeidsfunksies van senior hooggeplaastes
  • Waarderingsfunksies vir afgetredenes

Span vir seremonies 

  • Afdelingshoof: Suzelle Buys
  • Administratiewe beampte: Daleen Gey van Pitteus
  • Senior administratiewe assistent: Rethabile Dube

Navrae oor seremonies 

Tel: 018 299 2623
E-pos: NWU-grad@nwu.ac.za

Virtuele toekenning van grade en diplomas - vorige seremonies 2021

 

Virtuele toekenning van grade en diplomas - vorige seremonies 2020