Ondersoeke

Die ondersoek- en taktiese reaksiespan en inligtingsondersoekspan van die Departement Beskermingsdienste streef na uitnemendheid om almal se regte te beskerm en om respekvol, onpartydig, oop en aanspreeklik teenoor die kampusgemeenskap te wees.

Ons gebruik ook die magte wat aan ons toevertrou is op ’n verantwoordelike wyse en verskaf met eerlikheid en integriteit ’n verantwoordelike, doeltreffende diens van ’n hoë gehalte.

Die visie van die departement is om ’n veilige en seker omgewing vir studente, akademiese personeel, ondersteuningspersoneel, kontrakteurs en besoekers (kampusgemeenskap) by die Noordwes-Universiteit te skep. Om ons visie en missie na te jaag, samel ons intelligensie in, voorkom en bestry enigiets wat die veiligheid en sekuriteit van die kampusgemeenskap kan bedreig; ondersoek enige misdaad wat die veiligheid en sekuriteit van die kampusgemeenskap kan bedreig; neem deel aan pogings om die oorsake van misdaad op die kampus te hanteer; hanteer verlore goedere op die kampus; en moniteer spesiale geleenthede op die kampus ingevolge SASREA.