Algemene vrae en antwoorde

Tsela

 

Wat is Tsela?

Tsela is die NWU se kurrikulumkarteringstelsel (KKS). Hierdie stelsel bied ʼn elektroniese platform vir ʼn begin-tot-end-padkaart wat interne en eksterne kurrikulumverwante aansoeke bestuur, soos goedgekeur deur die Senaatskomitee vir Akademiese Standaarde (SKAS). Tsela bring die aansoeker en ander rolspelers op één platform byeen om die prosesvloei te fasiliteer, terwyl die NWU-kurrikulum bestuur word.

Waarom moet ek Tsela gebruik?

Die gebruik van “vorms” sal binnekort uitgefaseer word en slegs die KKS sal gebruik word.

Hoe kom ek aan die gang?

Tsela-opleiding kan op twee maniere geskied: eie tempo of bywoning van ʼn virtuele opleidingsessie wat deur die Tsela-span aangebied word. Sien asseblief verdere besonderhede om die Tsela-opleidingsgeleentheid van jou keuse by te woon. Sien ons ondersteuningsbladsy hier vir die stappe om aan die gang te kom.

Wie kan ek kontak vir ondersteuning indien ek sukkel?

  Vir tegniese bystand en ondersteuning, kontak asseblief vir Mnr Xolani Boqo.

As ek ʼn fout maak, kan iets uitgevee word uit Tsela?

Om op Tsela te werk, impliseer om in ʼn lewendige omgewing op die KKS te werk. Daarom is dit noodsaaklik om die opleiding by te woon en nie fiktiewe inligting in die KKS in te voeg nie. Indien foute gemaak word, kan die aansoeker die stelseladministrateur, Mnr Xolani Boqo, kontak vir bystand.

Wat is die verskillende vorms wat Tsela van gebruikers vereis om te voltooi?

Tsela maak gebruik van die NWU SCAS-vorms in elektroniese formaat met werkvloei. Vorm 1 is situasieanalise. Vorm 2 is die aansoek vir veranderings aan ʼn bestaande akademiese kwalifikasie. Vorm 3 (afdeling A en B) is die gekombineerde eksterne aansoekvorm vir DHOO, HOKK en SAKO. Vorm 4 is die aansoekvorm wat gebruik word om jaarboekwysigings te maak wat slegs interne NWU-goedkeuring vereis. Vorm 6 is die kwalifikasie- en programdokument. Vir toegang tot die aflaaibare weergawes van hierdie vorms, klik asseblief hier.

Sal die stelsel kennisgewings of herinnerings stuur vir take wat ek moet voltooi of hanteer?

Ja, die stelsel kan vir jou ʼn kennisgewing stuur of daaraan herinner om take te voltooi.

Is dit moontlik om ʼn aansoek halfpad te inisieer, byvoorbeeld om direk met vorm 2 te begin in plaas daarvan om met vorm 1 te begin?

Dit hang af van die konteks van jou aansoektipe. Vir nuwe kwalifikasies sal dit vereis dat jy eers vorm 1 voltooi en dan na vorm 2 toe beweeg. Vir veranderings aan bestaande kwalifikasies sal dit jou toelaat om veranderings aan vorm 2 aan te bring sonder om vorm 1 te voltooi.

Nadat ek die skepping van ʼn kwalifikasie gefinaliseer het, kan ek terugkeer na my vorige werk en wysigings aanbring indien nodig?

Tsela laat gebruikers toe om voort te gaan met afdelings waar hulle opgehou werk het, die aansoek met kollegas te deel en afdelings wat in die verlede voltooi is te hersien indien die afdelings nie na die volgende stap in die goedkeuringsproses aangeskuif is nie. Indien die aansoek die stadium van SKAS-goedkeuring bereik, kan geen verdere veranderings gemaak word nie.