Wie ons is en wat ons doen

Die NWU Taaldirektoraat (LD) is trots om die NWU se Taalbeleid te kan implementeer, wat deur verskeie taaldienste en taalbewustheidsgeleenthede, meertaligheid bevorder. Iets wat die Taaldirektoraat nastreef, is om ‘n meertalige omgewing te skep waar al vier die amptelike NWU tale (Afrikaans, English, Setswana, en Sesotho) ‘n tuiste het.

Ons deskundige dienste sluit in tolking (hibriede, aanlyn, en kontak), vertaling, transkripsies, en oorklanking (“voice-overs”).

Ons is trots om ‘n deel van BAQONDE, ‘n internasionale samewerking, te kon wees. Geleenthede soos Taalbewustheidsweke, Taalkollokwiums en Polokelo, is nie slegs vir ons nie. Hulle is ook vir u, ons gewaardeerde belanghebbendes. Hierdeur vier ons ons diverse tale en kulture, dien dit as ‘n platform vir die deel van inligting en ervarings, en getuig dit ook van ons verbintenis tot inklusiwiteit en die gemeenskap.

Deur interne, nasionale, en internasionale samewerking, maak ons voorbrand om meertaligheid aan die NWU se belanghebbendes te kan bied.

Tolking

Vertaling

Transkripsies

Oorklanking

 

 

Internasionale Vertaaldag

International Translation Day