Inleiding tot Tsela

Tsela

Tsela is die NWU se kurrikulumbestuurstelsel (KBS). Hierdie stelsel bied ʼn elektroniese platform vir ʼn begin-tot-end-padkaart wat interne en eksterne kurrikulumverwante aansoeke bestuur, soos goedgekeur deur die Senaatskomitee vir Akademiese Standaarde (SKAS). Tsela bring die aansoeker en ander rolspelers op één platform byeen om die prosesvloei te fasiliteer, terwyl die NWU-kurrikulum bestuur word.

Die tipes aktiwiteite op die KBS word breedweg gegroepeer in

a) die wysiging van bestaande kwalifikasies en akademiese programme; of

b) die ontwikkeling van nuwes. Hierdie aktiwiteite sluit bestaande sowel as nuwe modules in. Tsela sal rekord hou van veranderings wat met verloop van tyd aangebring is en wat voorsiening sal maak vir die vereiste ouditspoor.