NWU-Kunsversameling

 

Die Noordwes-Universiteit is trots op ‘n diverse kunsversameling wat oor die duur van 80 jaar opgebou is. Die eerste kunswerke wat aangeteken is as deel van die versameling was vir die destydse rektor, Prof Ferdinand Postma, van die toe Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) in 1932.

Hierna is deur die Kommittee vir Fisiese Infrastruktuur daarop ooreengekom dat kunswerke deur wit Afrikaanssprekende kunstenaars deur die universiteit aangekoop mag word.

Die Kommitee vir Kunssake is kort hierna gestig onder leiding van Proff Postma, AH van der Walt en Gerrit Dekker, wat besluit het om ‘n jaarlikse begroting van ₤ 6 vir die aankoop van kunswerke beskikbaar te stel.

Oor die volgende paar dekades, is die versameling beduidend uitgebrei deur die skenkings van verskeie kunstenaars, waaronder Jacob Hendrik Pierneef, wat ook ‘n bydrae gelewer het tot ontwikkeling van die fisiese infrastruktuur van die universiteit. Met betrekking tot die laasgenoemde kan kunswerke soos Dirk Meerkotter se muurpaneel in die Frans du Toit-gebou sowel as die aanbring van ‘n kunswerk deur George Boys in die foyer van die JS van der Merwe-gebou, genoem word.

Die versameling het vanaf 1972 verdere momentum begin optel onder die leiding van Prof GM Ballot (toe hoof van Departement Kunsgeskiedenis). Prof Ballot se bydrae is onder ander meer te sien in ‘n uitstalling van kontemporêre Suid-Afrikaanse kuns wat hy byeengebring het. Gedurende hierdie uitstalling is meer as ‘n honderd kunswerke deur meer as sestig verskillende kunstenaars ten toon gestel. Na afloop van hierdie uitstallig is ‘n meerderheid van die werke wat deel van die uitstalling gemaak het, deur die kunstenaars aan die universiteit geskenk of op permanente bruikleen deur die universiteit geplaas.

Deur die loop van die jare is kunswerke voortdurend tot die universiteit se kunsversameling toegevoeg en meer gereelde kunsuitstallings is gehou in die uitstalruimte van die Frans du Toit-gebou.

In 1975 het die Departement Kunsgeskiedenis (voorheen gehuisves in die Frans du Toit-gebou) verskuif na die boonste vloer van die Ferdinand Postma-biblioteek, waar beide ‘n permanente uitstalruimte en stoorplek vir die kunswerke beskikbaar gestel is. In die daaropvolgende jare is ‘n hersiende beleid ten opsigte van die aankoop van kunswerke aanvaar, waarvolgens vereis is dat ten minste een kunswerk vir elkeen van die ongeveer agt jaarlikse uitstallings by die universiteit se kunsversameling ingesluit word.

Gedurende die bogenoemde tyd is kunswerke van kunstenaars soos Bettie Cilliers-Barnard, Nel Erasmus, Maureen Quin, Dirk Meerkotter en George Boys, by die versameling ingesluit. Kunswerke deur kunstenaars soos Patrick O’Connor, Pippa Skotnes en Hardy Botha is kort hierna ook by die universiteit se kunsversameling ingesluit. Gedurende dieselfde tydperk is ‘n gewaardeerde en langduringe samewerking met Christo Coetzee gevestig, wat aangegaan het om in 1989 tweehonderd-en-elf van sy eie kunswerke en 25 kunswerke deur ander Suid-Afrikaanse kunstenaars vir die universiteit se kunsversameling te skenk. Met Prof Ballot se latere aanvaarding van die posisie as direkteur van die Sasol Kunsmuseum by die Universiteit van Stellenbosch, is talle van hierdie werke verskuif om deel van die Universiteit van Stellenbosch se kunsversameling te word en word tans deur die Sasol Museum gehuisves. Tenspyte hiervan is die NWU steeds trots op ‘n verskeidenheid en groot aantal Christo Coetzee kunswerke.

Gedurende die 1990’s is ‘n poging om plaaslike kunstenaars van die Noordwesprovinsie by die versameling in te sluit gelei deur Prof John Botha (lektor in Kunsgeskiedenis). As deel van hierdie poging is aan opkomende kunstenaars soos Daniel Novella en Tsietsi Matubako ‘n platform gebied waardeur hulle kunswerke blootgestel kon word.

Met die samesmelting van twee voormalige universiteite is die NWU se Institusionelekantoor in 2009 geopen op die Potchefstroomkampus van die universiteit, met befondsing wat beskikbaar gestel is vir die aankoop van sewentig nuwe kunswerke om tot die Institusionelekantoor en die NWU Kunsversameling toegevoeg te word. Die oprigting van die NWU se Institusionelekantoor het die geleentheid gebied daarvoor dat kontemporêre kunstenaars soos Peter Eastman, Philemon Hlungwani, Stompie Selibe, Hanneke Benadé, Sam Nhlengethwa en Claudette Shreuders, se kunswerke by die NWU Kunsversameling ingesluit is.

Die eenheid wat deur die Institusionelekantoor voorgestel word reflekteer ook in die huidige kunsversameling van die Noordwes-Universiteit wat vorm gegee is deur die samesmelting van verskeie kleiner versamelings, met die vorige Permanente en Leenversameling van kunswerke van die voorheen PU vir CHO wat die kern van die versameling vorm.

Vandag bestaan die NWU-Kunsversameling uit meer as 1000 werke met 'n geskatte waarde van R20m, verwagtend 'n formele waardasie.

 

NWU Kunsversameling Vandag: Kuratorsnota

Die katalogisering van die NWU Kunsversameling is 'n taak wat sedert 2006 met die aanstelling van ‘n voltydse kurator gerealiseer is. ‘n Belangrike deel hiervan was die publisering van die publikasie NWU Art Collection: Looking Back While Moving Forward in 2013. Hierdie publikasie speel 'n aanvullende rol in die bestuur van die NWU se kunsversameling se visie en misie met betrekking tot kunsbewaring en gehoorontwikkeling. Die NWU Kunsversameling bestaan tans uit 1031 kunswerke, waaronder skilderwerke, beeldhouwerke, grafiese drukwerke en ‘n seleksie “crafts”.

As die huidige kurator van die versameling, is dit my visie om die versameling meer toeganklik te maak deur interaktiwiteit aan te moedig. Hierdie visie word voortdurend nagestreef deur die aanmoediging van die verkenning, bewaring, ten toon stelling en ontwikkeling van die huidige versameling deur gereelde uitstallings en meegaande opvoedkundige aktiwiteite, wat spesifiek daarop toegespits is om ‘n diverse gehoor te kan akkommodeer. Die oorkoepelende doelwit wat deur die NWU Galery en deur die bestuur van die NWU Kunsversameling nagestreef word is om ‘n bydrae te lewer tot die ontwikkeling van 'n visuele geletterdheid binne die breër raamwerk van die Noordwes Provinsie.

– Christina Naurattel (NWU Kurator)