Navorsingsbefondsing

Daar is verskillende befondsingsgeleenthede waarvoor studente kan aansoek doen om hul studies aan die NWU te ondersteun. Daar word aanbeveel dat kandidate addisionele finansiële ondersteuning bekom, aangesien die beurse slegs ʼn bydrae lewer en nie altyd die volle koste van nagraadse studie dek nie.

Let asseblief op die volgende:

  • Daar is aflaaibare PDF-dokumente van wisselende lêergroottes beskikbaar op hierdie blad.
  • Sommige befondsingsoproepe kan ʼn interne sluitingsdatum hê (wat altyd vroeër is as die oproep se sluitingsdatum). HOU ASSEBLIEF BY DIE INTERNE SLUITINGSDATUM.
  • Aansoekers moet oproepdokumente en -riglyne deeglik deurlees voordat hulle ʼn aansoek indien.
  • Indien u vrae het, is daar toegewyde personeellede in die Departement Navorsingsondersteuning om u te help.

Hieronder is ʼn lys van verskillende befondsingsgeleenthede wat beskikbaar is vir kandidate wat aan die minimum vereistes voldoen.

UCDG 2021: Nagraadse Studieleiding-werkswinkels - Dr Erik Hofstee

Ontvang hiermee die oproep na ʼn drie dag lange kontaksessiewerkswinkel oor nagraadse studieleiding van ontluikende en gevestigde navorsers wat tans studieleiding gee aan M & D-studente (of beplan om dit te doen).
Voorrang sal gegee word aan nuwelingaansoekers en kandidate met <3 jaar studieleidingervaring. Die werkswinkels is soos volg geskeduleer:

  • Vanderbijlparkkampus: 24 - 26 Mei 2021
  • Potchefstroomkampus: 22 - 24 Junie 2021
  • Mahikengkampus: 24 - 26 Augustus 2021
  • Potchefstroomkampus: 19 - 21 Oktober 2021

Belangstellendes moet hul aansoekvorms so gou moontlik aan die Departement Navorsingsondersteuning (mnr Phathizwe Gwebu by e-pos 25520245@nwu.ac.za) stuur.

Oproep vir aansoeke: L’Oreal-UNESCO vir Vroue in Wetenskap - sluitingsdatum: 21 Junie 2021

Klik hier vir verdere inligting.

Fullbrightbeursprograminligtingsessie (navorsingsbefondsing vir fakulteit)

Fullbright-programinligtingsessie vir buitelandse studente (MA/PhD-navorsingsbefondsing)

Oop toekennings

Klik hier om die toekennings te sien wat tans oop is.

Mobiliteitstoekenning vir uitgaande akademiese besoeke in 2021

Ontvang hiermee die oproep vir befondsing (maksimum R40 000/aansoeker) wat beskikbaar gestel word ter ondersteuning van die verbetering van navorsingsprofiele van ontluikende en gevestigde navorsers/akademiese personeellede - spesifiek om hul NNS-graderingstatus in die nabye toekoms te verkry/verbeter.

Voorrang sal gegee word aan nuwelingaansoekers en kandidate wat van plan is om in die opkomende ronde aansoek te doen (Feb 2022), waarna dié wat in daaropvolgende rondes wil aansoek doen (Feb 2023 en 2024), oorweeg sal word.
 
Die ondertekende aansoekvorm moet, nadat al die relevante handtekeninge verkry is, so spoedig moontlik by die Departement Navorsingsondersteuning (MPE Meintjes) ingedien word.

NORPART 2022-2026 - Oproep vir aansoeke

Dit kan van belang wees vir instansies wat vennote in Noorweë het.
Lees meer...

  • Dit is ʼn oproep vir aansoeke vir befondsing van projekte tussen hoëronderwysinstellings in Noorweë en geselekteerde vennootlande, ingevolge die Noorweegse Vennootskapsprogram vir Globale Akademiese Samewerking (NORPART).
  • Die projektydperk is van 1 Januarie 2022 tot 31 Desember 2026.
  • Die sperdatum vir die indiening van aansoeke is 27 Mei 2021.
  • Die aansoeker moet ʼn geakkrediteerde Noorweegse hoëronderwysinstansie wees.

OPROEP vir Kerlick-navorsingspublikasiefasiliteringsessies/-werkswinkels 2021 vir NWU-personeellede

Navorsingsondersteuning, in samewerking met Kerlick Editorial & Research Solutions, gaan weer die gewilde Navorsingspublikasiefasiliteringsessies/-werkswinkels vir personeellede van die NWU aanbied in 2021.


Vind aangeheg die volgende dokumente:

  • ʼn Oorsig wat die Kerlick-werkswinkels beskryf wat gedurende 2021 beskikbaar is;
  • Die 2021-skedule met datums van al die werkswinkels wat gedurende 2021 aangebied gaan word: Drie inleidende Werkswinkel A’s en vyf Werkswinkel B-artikelskryffasiliteringsessies is beplan. (Werkswinkel B kan slegs bygewoon word deur deelnemers wat reeds Werkswinkel A bygewoon het.)
  • Agtergrondinligting van die Kerlick-fasiliteerders;
  • ʼn Aansoekvorm; u kan op enige stadium aansoek doen om deel te neem, so vroeg as wat u wil. Na ontvangs van die aansoekvorm sal die werkswinkelkoördineerder verdere besonderhede vir u stuur, sowel as ʼn registrasievorm vir voltooiing om u voorneme om die werkswinkel by te woon, te bevestig. (Hierdie aansoek- en bevestigingsproses vorm die basis vir ons beplanning.)
  • ʼn Plakkaat met relevante datums.

Die inleidende Werkswinkel A’s sal virtueel, via Zoom, aangebied word.

Die Werkswinkel B-fasiliteringsessies sal via Zoom of aangesig tot aangesig in ʼn lokaal op kampus aangebied word, afhangende van die mate van belangstelling op die verskillende kampusse en die aantal deelnemers. Die lokaal vir elke Werkswinkel B sal later bevestig word. In geval van lokaalgebaseerde aangesig-tot-aangesig-fasiliteringsessies is u welkom om dit by te woon op enige kampus waar die werkswinkel aangebied word, ongeag waar u gestasioneer is. Reis- en verblyfkoste is egter vir u eie rekening.

Indien u enige van die geskeduleerde werkswinkels wil bywoon, stuur asseblief die voltooide aansoekvorm so spoedig moontlik aan mnr Melvin Mothoa

  • Werkswinkel A-1: 17-19 + 20/21 Mei 2021
    Sperdatum vir indiening van Aansoekvorm: 28 April 2021
    Sperdatum vir indiening van bevestigende Registrasievorm & Voorafvoorbereiding: 4 Mei 2021 teen 12:00 namiddag
     
  • Werkswinkel A-2: 28-30 Junie + 1/2 Julie 2021
    Sperdatum vir indiening van Aansoekvorm: 24 Mei 2021
    Sperdatum vir indiening van bevestigende Registrasievorm & Voorafvoorbereiding: 11 Junie 2021
     
  • Werkswinkel A-3: 16-18 +19/20 Augustus 2021
    Sperdatum vir indiening van Aansoekvorm: 12 Julie 2021
    Sperdatum vir indiening van bevestigende Registrasievorm & Voorafvoorbereiding: 30 Julie 2021
     
  • Werkswinkel B-1: 26-30 Julie 2021
    Sperdatum vir indiening van Aansoekvorm: 28 Junie 2021
    Sperdatum vir indiening van bevestigende Registrasievorm & Voorafvoorbereiding: 9 Julie 2021
     
  • Werkswinkel B-2: 30 Augustus - 3 September 2021
    Sperdatum vir indiening van Aansoekvorm: 26 Julie 2021
    Sperdatum vir indiening van bevestigende Registrasievorm & Voorafvoorbereiding: 13 Augustus 2021
     
  • Werkswinkel B-3: 27 September - 1 Oktober 2021
    Sperdatum vir indiening van Aansoekvorm: 30 Augustus 2021
    Sperdatum vir indiening van bevestigende Registrasievorm & Voorafvoorbereiding: 10 September 2021
     
  • Werkswinkel B-4: 25 - 29 Oktober 2021
    Sperdatum vir indiening van Aansoekvorm: 27 September 2021
    Sperdatum vir indiening van bevestigende Registrasievorm & Voorafvoorbereiding: 8 Oktober 2021
     
  • Werkswinkel B-5: 15 - 19 November 2021
    Sperdatum vir indiening van Aansoekvorm: 11 Oktober 2020
    Sperdatum vir indiening van bevestigende Registrasievorm & Voorafvoorbereiding: 29 Oktober 2021
     

Let wel: Die eerste werkswinkel van die jaar is geskeduleer vir 17-19+20/21 Mei 2021, wat beteken dat u u aansoekvorm so spoedig moontlik maar voor/op 28 April 2021 moet instuur om teleurstelling te voorkom. Dieselfde proses word gevolg vir aansoek en bevestiging van bywoning van al die 2021-artikelskryfwerkswinkels. Nadat u die aansoekvorm teruggestuur het, moet u bevestig dat u van voorneme is om die werkswinkel by te woon, en dan moet u die voorafvoorbereiding (vir Werkswinkel A of vir Werkswinkel B) voor of op die sperdatum indien. U sal besonderhede ontvang nadat u u aansoekvorm voltooi en ingedien het.

Oproep vir Aansoeke: NNS nagraadse studentebefondsing vir die 2022 akademiese jaar

Die DWI en NNS kondig graag ʼn oproep vir nuwe aansoeke aan vir NNS nagraadse studentebefondsing vir die 2022 akademiese jaar. Alle terugkerende studente wat vir ʼn tweede of derde jaar van befondsing kwalifiseer, moet ʼn vorderingsverslag indien en nie ʼn nuwe aansoek nie.

Die NNS minimum akademiese vereiste vir nagraadse befondsing is 65%. Die toelatingsouderdomvereiste is onderskeidelik 28, 30 en 32 jaar of jonger vir honneurs, meestersgraad- en doktorale studies, in die jaar van aansoek, ongeag die eerste jaar van registrasie. Suksesvolle aansoekers word teen Volledige Koste van Studie (VKS) of Gedeeltelike Koste van Studie (GKS) befonds. Die VKS-befondsing word slegs toegeken aan Suid-Afrikaanse burgers en permanente inwoners, wat óf finansieel behoeftig is (d.w.s. diegene met ʼn gekombineerde gesinsinkomste van R350 000 per jaar of minder), óf met ʼn gestremdheid saamleef, óf buitengewone akademiese presteerders is. Die GKS-befondsing sal egter toegeken word aan 5% van die internasionale studente, met inbegrip van Suid-Afrikaanse burgers en permanente inwoners wat nie ingevolge VKS befonds kon word nie, maar wat aan ander minimum vereistes vir die NRF-befondsingskriteria voldoen. Beurse is bedoel om honneurs-, meestersgraad- en doktorale kandidate te ondersteun om studies in alle rigtings van Wetenskap, Ingenieurswese, Tegnologie, Sosiale Wetenskappe, en Geesteswetenskappe aan te pak.

Die NNS het die benoemingsproses vir bloktoelaes sowel as die toekenninghouer-gekoppelde modaliteite van befondsing van nagraadse studente in 2020 uitgefaseer. Daar sal van al die nagraadse student verwag word om op die NNS se Aanlyn Indieningstelsel aansoek te doen via die skakel: https://nrfsubmission.nrf.ac.za/. Geen handmatige aansoeke sal aanvaar word nie.

Sluitingsdatum vir studente se aansoeke:
Universiteite sal hul eie interne afsnydatums vir studente se aansoeke bepaal en die aansoekers moet by daardie datums bly.

Raadpleeg die aansoek- en befondsingsgids, raamwerkdokumente en veel gevraagde vrae wanneer u die aanlyn aansoekvorm invul.

Vir navrae word aansoekers aangemoedig om die navorsings- of nagraadse kantore by hul universiteite te kontak. Indien dit steeds nodig is om die NNS te kontak, hieronder is die kontakpersone en -besonderhede:

Vir algemene nuweling-M- en D-navrae, insluitende DAAD-verwante navrae, kontak: 
Me Kgaugelo Molepo: Professionele Beampte – MIKO
Tel: 012 481 4148
E-pos: kgaugelo.molepo@nrf.ac.za

Vir navrae rakende die verlenging van M- en D-studietydperk, kontak:
Me Busisiwe Sibiya: Professionele Beampte – MIKO
Tel: 012 481 4166
E-pos: busisiwe.sibiya@nrf.ac.za

Vir algemene honneursverwante navrae, kontak:
Mnr Lehlogonolo Phaahla: Professionele Beampte – MIKO
Tel: 012 481 4315
E-pos: lehlogonolo.phaahla@nrf.ac.za

Vir SASAC- en Nuffic-verwante navrae, kontak:
Mnr Nelson Komane: Professionele Beampte - MIKO
Tel: 012 481 4219
E-pos: nelson@nrf.ac.za

Vir nuweling SARChI-honneurs, meestersgraad- en doktorale navrae, kontak:
Me Andisiwe Jukuda: Professionele Beampte – NSSU
Tel: 012 481 4113
E-pos: andisiwe.jukuda@nrf.ac.za

Vir nuweling SARChI-honneurs, meestersgraad- en doktorale navrae, kontak:
Me Malekgotla Finger: Professionele Beampte – NSSU
Tel: 012 481 4003
E-pos: malekgotla.finger@nrf.ac.za

Vir NNS-SARAO nagraadse beurs-verwante navrae, kontak:
Annah Mashemola: Professionele Beampte, HCD, NRF-SARAO
Tel: 012 442 2434
E-pos: amashemola@ska.ac.za
 
NB: Navrae vir honneurs- en meestersgraadbeurse kan gerig word aan Boitumelo Mdluli: 34421025@nwu.ac.za / 0182994892
Navrae vir doktorale beurse kan gerig word aan Funanani Lavhelani: 26720019@nwu.ac.za / 0182994789

Aansoeke word aanlyn ingedien op die NNS-stelsel via die skakel: https://nrfsubmission.nrf.ac.za/

Die onderstaande tabel gee ʼn aanduiding van die indieningsdatums van aansoeke:

NNS NAGRAADSE BEURSE VIR 2022

Befondsingsgeleentheid

Sperdatum vir interne indiening

NWU-kontakpersoon

Honneursbeurse

29 Oktober 2021

Boitumelo Mdluli: 34421025@nwu.ac.za / 0182994892

Meestersgraadbeurse

18 Junie 2021

Boitumelo Mdluli: 34421025@nwu.ac.za / 0182994892

Beurse vir verlenging van meestersgraadstudie

18 Junie 2021

Boitumelo Mdluli: 34421025@nwu.ac.za / 0182994892

Doktorale beurse

18 Junie 2021

Funanani Lavhelani: 26720019@nwu.ac.za / 0182994789

Beurse vir verlenging van doktorale studie

18 Junie 2021

Funanani Lavhelani: 26720019@nwu.ac.za / 0182994789

Nuffic doktorale beurse vir oorsese studie

18 Junie 2021

Funanani Lavhelani: 26720019@nwu.ac.za / 0182994789

SARAO honneurs-, meestersgraad- en doktorale beurse

16 Julie 2021

Boitumelo Mdluli: 34421025@nwu.ac.za / 0182994892

Alle akademiese personeel: Uitnodiging om aansoek te doen vir VvOL-befondsing

Klik hier vir verdere inligting...

UCDG 2021 Bevordering van gevorderdegraadkwalifikasies van ontluikende navorsers (DHOO)

Klik hier vir verdere inligting...

Inligtingsessieaanbieding - NNS-oproep vir voorstelle vir 2021/22: Thuthuka en Bevorderingsprogram vir Swart Akademici

Op 8 Februarie 2021 het die NNS die Oproep vir Voorstelle vir 2021/22 aangekondig, insluitende die oproep vir befondsing vir die Thuthuka en die Bevorderingsprogram vir Swart Akademici (BAAP) vir ontluikende navorsers vir die 2022 akademiese jaar.

Die NNS het twee virtuele inligtingsessies aangebied vir die Thuthuka en die Bevorderingsprogram vir Swart Akademici (BAAP). Daar was ʼn oorweldigende versoek om die aanbieding met deelnemers te deel, wat fokus op die aansoekvereistes en die aansoek- en hersieningsproses vir hierdie twee befondsingsgeleenthede.

Die Raamwerk-, Befondsing- en Aansoekgids-dokumente sowel as die Algemene Aansoekgids is beskikbaar op die NNS se webwerf by https://www.nrf.ac.za/funding/framework-documents. Aansoeke moet elektronies ingedien word op die NNS se Aanlyn Indieningstelsel by https://nrfsubmission.nrf.ac.za.

Vir navrae, kontak:
Me Maphuti Madiga, Professionele Beampte: Mens- en Infrastruktuurkapasiteitsontwikkeling (MIKO), by telefoon: (012) 481 4150 of e-pos: maphuti.madiga@nrf.ac.za

Befondsingsgeleenthede van die Fogarty International Center by NIH

NIH-befondsingsgeleenthede waarvoor buitelandse organisasies, buitelandse komponente van VS- organisasies en/of ander buitelandse komponente mag aansoek doen:

  • NEI Collaborative Clinical Vision Research:

Navorsing: Voorsitter se Toekenning (UG1-Kliniese Proef word Vereis) (PAR-21-041)

Navorsingsprojek: Koördineringsentrumtoekenning (UG1 Kliniese Proef word Vereis) (PAR-21-042)

Projek: Koördineringsentrumtoekenning (UG1 Kliniese Proef word Vereis) (PAR-21-043)

Aansoekontvangsdatums: Standaarddatums geld

Aansoekontvangsdatums: 22 Junie 2021, en meer

LW: Buitelandse samewerkings wat die biomerker se nut of opname kan verbeter, word aangemoedig, maar moet duidelik geregverdig word.

Aansoekontvangsdatums: 15 Julie 2021, 14 Januarie 2022, 15 Julie 2022

  • Basiese en Kliniese Kankernavorsing:

Innoverende Molekulêre en Sellulêre Ontledingstegnologieë (R21 Kliniese Proef Nie Toegelaat) (RFA-CA-21-003)

Gevorderde Ontwikkeling en Validering van Ontluikende Molekulêre en Sellulêre Ontledingstegnologieë (R33 Kliniese Proef Nie Toegelaat) (RFA-CA-21-004)

Innoverende Biomonsterwetenskaptegnologieë (R21 Kliniese Proef Nie Toegelaat) (RFA-CA-21-005)

Gevorderde Ontwikkeling en Validering van Ontluikende Biomonsterwetenskaptegnologieë (R33 Kliniese Proef Nie Toegelaat) (RFA-CA-21-006)

Aansoekontvangsdatums: 27 Mei 2021; 29 September 2021

Oproep vir MA-beurse 2021-2022 (VLIR-UOS)

Die Belgiese agentskap VLIR-UOS het die nuwe oproep vir beurse vir meestersgraadprogramme vir die akademiese jaar 2021-2022 van stapel gestuur. Kandidate van 31 beurslande kan aansoek doen.

Die aansoek vir akademiese toelating en die beurs (gekombineerde aansoek) moet direk na die Vlaamse universiteite toe gestuur word (nie na VLIR-UOS! nie). In geval van enige vrae rakende die keuringsprosedure, moet belangstellende kandidate dus hul navrae rig aan die universiteit waar hulle graag een van die beskikbare meestersgraadprogramme wil volg. Vrae rakende die beurs kan gerig word aan info@vliruos.be.

Internasionale beurse: Switserland, Kanada, Korea, Mauritius, Nederland, Taiwan

Lees meer...

Uitnodiging om besonderhede African Scientists Directory te registreer

Met befondsing van die Departement van Wetenskap en Innovasie (DWI) van Suid-Afrika het die International Science Council (ISC) se Streekskantoor vir Afrika, in samewerking met die Wetenskapsakademie van Suid-Afrika (ASSAf), die “African Academy of Science” (AAS), die Network of African Science Academies (NASAC) en die “World Academy of Sciences Sub-Saharan Africa Regional Partner” (TWAS-SAREP) ʼn “African Scientists Directory” ontwikkel. Hierdie gids word oor die algemeen gesien as ʼn dinamiese platform wat inligting bevat oor Afrika-kundiges in die natuur- en sosiale wetenskappe, geesteswetenskappe, ingenieurswese en wiskunde, wat op die kontinent en elders woon, wat dit maklik sal maak om navorsing te identifiseer en uit te voer oor dissiplines, lande en streke van die kontinent heen.

In wese is dit ʼn aanlyn databasis wat op die ASSAf-bediener gehuisves word en self gebruik kan word via die skakel: http://africanscientists.africa/. Dit is toeganklik vir wetenskaplikes van alle kategorieë met ʼn doktorsgraad of gelykwaardige kwalifikasie.

Met hierdie agtergrond nooi ons u uit om ons te help om ʼn dinamiese Afrika-wetenskapgemeenskap tot stand te bring deur u besonderhede in hierdie gids te registreer om onder meer saam te werk, vertroue op te bou, impak te verhoog en te netwerk.

Let daarop dat registrasie gratis is en dat persoonlike inligting soos u e-posadres en telefoonnommer(s) nie vertoon sal word of met enige derde party gedeel sal word nie. Aanvanklike kontak tussen gelyste wetenskaplikes sal deur middel van ʼn elektroniese vorm geskied en dit staan die wetenskaplike vry om enige geleenthede wat na hom/haar gestuur word, te aanvaar of te weier.

U is welkom om me Bongiwe Zwane te kontak by bongiwe@assaf.org.za indien u enige navrae het of hulp benodig in hierdie verband.

Post-befondsing

Alle studente wat befondsing vir meesters- of doktorsgrade ontvang het, moet die NNS van inligting voorsien rakende hul voltooide graad, soos vermeld in die M&D-ooreenkomsvorm wat deur alle toekenninghouers onderteken word voordat die NNS-fondse beskikbaar gestel word.