kwaliteit
 
31 Oktober 2012
 
 

Beste kollegas,

Hierdie nuusbrief bied 'n vlugtige perspektief op die gehalteversekering van akademiese programme en ondersteuningsafdelings by die NWU. Hiermee word gepoog om elkeen se verantwoordelikheid binne die konteks van akademiese en/of ondersteuningsdienste te beklemtoon.

In hierdie uitgawe:
-Statutêre rade akkrediteer verskeie NWU-programme
-Hoekom is kwaliteitshandleidings so belangrik?
-Kwaliteitskantoor besoek VSA
-Twee vlieë met een klap - 'n eerste van sy soort!
-Kwaliteitskantoor bied 'n gespreksforum aan
-Indaba 2012 was 'n groot sukses
 

Statutêre rade akkrediteer verskeie NWU-programme
Verskeie statutêre rade het in 2012 die NWU besoek waartydens 'n aantal programme suksesvol geakkrediteer is.

Lees meer...

Terug na bo


Hoekom is kwaliteitshandleidings so belangrik?
Een van die Institusionele Kwaliteitskantoor (IKK) se doelwitte is om te verseker dat alle fakulteite en ondersteuningsdepartemente van die NWU oor kwaliteitshandleidings beskik. 'n Kwaliteitshandleiding is van onskatbare waarde aangesien dit as gids dien en sodoende word 'n fakulteit of departement se agtergrond, plasing, visie, doelwitte, struktuur, prosesse en die kwaliteitsbestuur daarvan gedokumenteer.

Lees meer...

Terug na bo


Kwaliteitskantoor besoek die VSA
Me Antoinette Vermeulen, Kwaliteitbestuurder: Akademiese Programme, het tydens 'n onlangse besoek aan die VSA, 'n referaat oor gehalteversekering by 'n konferensie van die Amerikaanse Evalueringsvereniging gelewer. Volgens Antoinette was die konferensie 'n groot sukses en 'n gulde netwerkgeleentheid.

Antoinette is ook as 'n gasdosent na die Stephen F. Austin State University uitgenooi om 'n aanbieding oor maatskaplike werkverwante ervarings, assessering en kwaliteitbeheer in Suid-Afrika te doen. Die studente het haar entoesiasties ontvang en was baie beïndruk met haar aanbieding.

Terug na bo


Twee vlieë met een klap - 'n eerste van sy soort!
In die week van 27-31 Augustus het daar 'n geskiedkundige eweknie-evaluering plaasgevind toe twee ondersteuningsdepartemente van twee kampusse gelyktydig deur dieselfde paneel geëvalueer is.

Lees meer...

Terug na bo


Kwaliteitskantoor bied 'n gespreksforum aan
Op 7 en 8 Februarie 2012 het die Kwaliteitskantoor, in samewerking met eweknieë van ander universiteite, 'n gespreksforum aangebied insake kwaliteitsversekering van ondersteuningsdepartemente.

Lees meer...

Terug na bo


Indaba 2012 was 'n groot sukses
Nog 'n eerste van sy soort vir ondersteuningsdepartemente van die NWU het plaasgevind toe die Kwaliteitskantoor 'n Indaba in Oktober gehou het. Hierdie Indaba was 'n netwerk-geleentheid spesifiek vir die 85 ondersteuningsdepartemente van die NWU.

Lees meer...

Terug na bo


 

Stuur asseblief enige navrae en kommentaar aan Tommy Pietersen

 

Klik hier om die nuusbrief in Engels te lees.