kwaliteit
 
5 Junie 2012
 
 

Beste kollegas,

Hierdie nuusbrief bied 'n vlugtige perspektief op die gehalteversekering van akademiese programme en ondersteuningsafdelings by die NWU. Hiermee word gepoog om elkeen se verantwoordelikheid binne die konteks van akademiese en/of ondersteuningsdienste te beklemtoon.

In hierdie uitgawe:
-Natuurwetenskappe ervaar eksterne evaluering positief
-Geweeg en nie te lig bevind nie
-Eksterne evaluering gee meer heuning as bysteke
-Studente-ontwikkeling op die Vaaldriehoekkampus: Ervaring met die portuurevalueringsproses
-Die 'sagte' waarde van eksterne programevaluerings
 

Natuurwetenskappe ervaar eksterne evaluering positief
Eksterne Programevaluerings (EPE's) wat die afgelope jare in die Fakulteit Natuurwetenskappe op die Potchefstroomkampus gedoen is, was in die geheel gesien 'n positiewe ervaring wat tot 'n groter bewustheid van kwaliteit gelei het.

Lees meer...

Terug na bo


Geweeg en nie te lig bevind nie
Die eweknie-evalueringsproses wat op 18 en 19 Oktober 2011 by die Ferdinand Postma Biblioteek plaasgevind het, was 'n leersame geleentheid. Die deelnemers het soveel meer daarby gebaat as wat hulle aanvanklik verwag het, wat elkeen met 'n gevoel van vervulling gelaat het.

Lees meer...

Terug na bo


Eksterne evaluering gee meer heuning as bysteke
"'n Eksterne programevaluering is 'n ontwikkelingsproses en nie 'n bedreiging nie," so s� dr Eva Manyedi, die kwaliteitsko�rdineerder op die Mafikengkampus. Verder glo sy dat hierdie feit bevestig is in die manier waarop akademiese programme op hierdie kampus by die proses gebaat het die afgelope paar jaar.

Lees meer...

Terug na bo


Studente-ontwikkeling op die Vaaldriehoekkampus: Ervaring met die portuurevalueringsproses
Op 19 en 20 Oktober 2010 is Studente-ontwikkeling op die Vaaldriehoekkampus onderwerp aan 'n eksterne eweknie-evaluering. Kollegas van die Kwaliteitskantoor en kollegas van eweknie-departemente van ander universiteite het die departement ge�valueer.
Die fisiese besoek en evaluasie is voorafgegaan deur 'n intensiewe voorbereidingsproses waaraan al die personeel van die departement deel gehad het. Die eindresultaat van hierdie proses was 'n evalueringsportefeulje wat 'n oorsig oor die departement se doen en late bevat het, asook die resultaat van 'n selfevalueringsproses waardeur die departement hand in eie boesem gesteek het en risiko's ge�dentifiseer het.

Lees meer...

Terug na bo


Die 'sagte' waarde van eksterne programevaluerings
Met 'n terugblik op die waarde van die eksterne program-evalueringsproses (EPE), kom dit na vore dat die bygevoegde waarde meer as net die formele evaluerings-uitkoms behels en dat dit ook 'sagter', meer indirekte bydraes insluit. Dit het veral na vore gekom tydens die eksterne programevaluering van die Meestersprogram in Omgewingsbestuur op die Potchefstroomkampus in Oktober 2011.

Lees meer...

Terug na bo


 

Stuur asseblief enige navrae en kommentaar aan Tommy Pietersen

 

Klik hier om die nuusbrief in Engels te lees.