kwaliteit
 
21 Oktober 2011
 
 

Beste kollegas,

Hierdie nuusbrief bied 'n vlugtige perspektief op die gehalteversekering van akademiese programme en ondersteuningsafdelings by die NWU. Hiermee word gepoog om elkeen se verantwoordelikheid binne die konteks van akademiese en/of ondersteuningsdienste te beklemtoon.

In hierdie uitgawe:
-Kwaliteitsversekering - waar pas jy in?
-Akkreditasie van beroepsgerigte kwalifikasies
-'n Eerste vir die NWU
-Eweknie-evaluering van ondersteuningsdienste by die NWU
-Meestersprogram in Omgewingsbestuur word ekstern geevalueer
 

Kwaliteitsversekering - waar pas jy in?
Elke werknemer van die NWU het onder meer ‘n posprofiel en taakooreenkoms waarin daar duidelik staan wat die ooreenkoms tussen werkgewer en werknemer behels. Ten einde ‘n konteks te skep wat vir werknemerprestasie bevorderlik is, is dit noodsaaklik om op ‘n deurlopende basis die gehalte van die prosesse waarin elke werknemer werk en die uitkomste wat elkeen lewer, onder die vergrootglas te plaas.

Lees meer...

Terug na bo


Akkreditasie van beroepsgerigte kwalifikasies
Gedurende 2011 het vier statutêre liggame die NWU-Potchefstroomkampus besoek om kwalifikasies te akkrediteer. Hierdie akkreditasie vind ongeveer elke vyf tot ses jaar plaas.
Die Kwaliteitskantoor het as waarnemer by sommige van hierdie besoeke opgetree.

Lees meer...

Terug na bo


‘n Eerste vir die NWU
Die LLB-graad wat tans op die Mafikeng- en Potchefstroomkampus aangebied word, is een van die eerste kwalifikasies wat ná die samesmelting suksesvol belyn is.

Hierdie belyning en konsekwente kwaliteitsbeoordeling was een van die doelwitte in die Institusionele Plan 2009-2011.

Beide kampusse het tydens die eerste semester van hierdie jaar ‘n gesamentlike interne program-evaluering (IPE) vir hierdie kwalifikasie onderneem.

Die twee fakulteite het goed saamgewerk gedurende die proses en het dit as ‘n uitstekende leerervaring beskryf.

Na aanleiding van die evalueringsverslag word sekere veranderinge aan die programontwerp in die vooruitsig gestel.

Terug na bo


Eweknie-evaluering van ondersteuningsdienste by die NWU
Die primêre doel van eweknie-evaluering van ondersteuningsdienste by die NWU is om sistematiese en deurlopende kwaliteitontwikkeling en verbetering in alle ondersteuningsdepartemente te verseker.

Die eweknie-evalueringsproses moet die departement aanmoedig en ondersteun om die volgehoue verbetering van die kwaliteit van sy kernfunksies te handhaaf. Voorts dien dit as ‘n beheermaatreël om die geldigheid van interne kwaliteitsversekeringsprosesse te verifieer.

Eweknie-evaluerings sal ook beplanningsaktiwiteite by die NWU help en verbeter, sodat daar proaktief op kwaliteitsverwante doelstellings en prestasies gereageer kan word.

Die tabel hieronder toon die ondersteuningsdepartemente wat reeds sedert 2009 eweknie-evaluering onderneem het. (Klik op die skakels om die foto's van elke evaluering te besigtig).

 
2009
2010
2011
Institusionele Kantoor    
Mafikengkampus  
Potchefstroomkampus
Vaaldriehoekkampus    
 
2
2
3

Terug na bo


Meestersprogram in Omgewingsbestuur word ekstern geevalueer
Die meestersprogram in Omgewingsbestuur op die Potchefstroomkampus is onlangs onder die loep geneem as deel van die deurlopende kwaliteitsversekering van alle akademiese programme by die NWU.

Lees meer...

Terug na bo


 

Stuur asseblief enige navrae en kommentaar aan Tommy Pietersen

 

Klik hier om die nuusbrief in Engels te lees.