kwaliteit
 
26 Mei 2011
 
 

Beste kollegas,

Hierdie nuusbrief bied 'n vlugtige perspektief op die gehalteversekering van akademiese programme en ondersteuningsafdelings by die NWU. Hiermee word gepoog om elkeen se verantwoordelikheid binne die konteks van akademiese en/of ondersteuningsdienste te beklemtoon.

In hierdie uitgawe:
-Kwaliteitsversekering is elkeen se taak
-Kwaliteitsversekering by NWU sluit nou internasionale kundiges in
-Kwaliteitversekering van akademiese programme
-Is die programme wat die NWU aanbied op standaard?
-'n JA vir kwaliteit!
 

Kwaliteitsversekering is elkeen se taak
Gedurende die voorbereiding vir die HOKK-kwaliteitsoudit is 'n gapingsregister saamgestel. Kort na afloop van die oudit het bestuurders op verskillende vlakke en in al die bestuurseenhede hieraan begin aandag gee.
Lees meer...


Terug na bo


Kwaliteitsversekering by NWU sluit nou internasionale kundiges in
In 2010 het 'n nuwe fase aangebreek vir akademiese eksterne programevaluerings (EPE's) by die NWU, toe internasionale kundiges deel geword het van die evalueringspanele.
Lees meer...


Terug na bo


Kwaliteitversekering van akademiese programme
Die volgende programme is gedurende 2010 by die NWU ekstern ge�valueer:

Datum Program Kampus
16 Maart 2010 Geskiedenis (vak-in-program)
VOORGRAADS
Vaaldriehoekkampus
9 April 2010 Chemie (vak-in-program)
VOORGRAADS EN HONNEURS
Mafikengkampus
20 Augustus 2010 M Maatskaplike Werk: Forensiese Praktyk Potchefstroomkampus
7 September 2010 MA Teologie Vaaldriehoekkampus
13 Oktober 2010 Wiskunde (vak-in-program)
VOORGRAADS EN HONNEURS
Mafikengkampus
2 November 2010 MBA Potchefstroomkampus

Terug na bo


Is die programme wat die NWU aanbied op standaard?
Alle akademiese programme by die NWU word gegradeer volgens die kriteria van die Ho�ronderwys-kwaliteitskomitee (HOKK). As 'n program nie tydens die eksterne programevaluering aan die minimum standaarde voldoen nie, word 'n post-EPE-besoek afgel� om te verseker dat verbeteringsplanne ge�mplementeer word om die gradering van die program tot minimum standaarde te verhoog.
Gedurende 2010 het nege post-EPE-besoeke op die kampusse plaasgevind.

Terug na bo


'n JA vir kwaliteit!
Ondersteuningsdienste van die Potchefstroomkampus het op Donderdag 17 Maart 2011 'n werkswinkel bygewoon oor kwaliteitsversekeringsprosesse. Van die 27 departemente op die Potchefstroomkampus is 23 deur verskeie personeellede verteenwoordig. Sommige departemente was selfs ten volle teenwoordig.
Lees meer...

Terug na bo


 

Stuur asseblief enige navrae en kommentaar aan Tommy Pietersen

 

Klik hier om die nuusbrief in Engels te lees.