Persone kan dus nou van die dienste gebruik maak sonder dat hulle op kampus hoef te wees of via VPN te konnekteer.

Die volgende toepassings is tans beskikbaar:

  • NWU-Vending-fondse - Vertoon 'n student se fondse beskikbaar op die studentekaart
  • POPI - Vertoon die POPI-status van 'n persoon

Hulp vir elke toepassing is beskikbaar (sien asseblief die "Waar om meer inligting oor 'n "app" te kry" hieronder). Soos wat nuwe funksionaliteit ontwikkel word, sal nuwe toepassings tot die portaal bygevoeg word.

Hoe om toegang tot die portaal te verkry
Maak jou blaaier oop, navigeer na www.nwu.ac.za en klik op die "DIY-Dienste"-skakel in die blad se voetskrif. Teken aan met jou NWU-nommer en netwerkwagwoord.
*Neem kennis - gebruik asseblief Mozilla Firefox of Chrome as jou bestek-blaaier. Die portaal funksioneer nie optimaal in Internet Explorer nie.

Hoe om toegang tot 'n toepassing ("app") te verkry
Klik op die ikoon van die "app" wat jy wil gebruik.

Waar om meer inligting oor 'n "app" te kry
Klik eers op die "app" se ikoon, en dan op "App-inligting" net bo die venstertjie. Daar sal jy 'n "How-To Guide"-ikoon sien wat 'n PDF-lêer met die nodige stappe en kontakpersoon se inligting bevat.

Hoe om af te teken
Klik op "Logout" in die blad se opskrif.

Ons hoop dat hierdie portaal waarde tot jou dag sal toevoeg!

      Deel asseblief jou terugvoer en kommentaar met Inligtingstegnologie deur 'n e-pos aan Talk2IT@nwu.ac.za te stuur.

      Vriendelike groete

      Inligtingstegnologie