Waarom met ons saamwerk?

Ons word erken as een van die bes bestuurde en innoverendste universiteit in Suid-Afrika. Ons vier multikulturalisme, veeltaligheid en multinasionalisme. Met ʼn buitengewoon groot verskeidenheid studiekeuses op voor- en nagraadse vlak strek die Universiteit se aanbiedings oor ʼn wye spektrum van akademiese dissiplines, van landbou en kuns tot handel, ingenieurswese, onderwys, gesondheid, regte, natuurwetenskappe en teologie.

Die NWU het 'n 5 ster gradering vir Innovasie ontvang

Die NWU het 'n 5 ster gradering vir Innovasie ontvang

deur die "QS Global ranking system." 

 


Die Noordwes-Universiteit se Tegnologieoordragkantoor bestuur die komplekse proses m.b.t. die beskerming van ontdekkings wat uiteindelik produkte en dienste sal word. Dit word gedoen deur die verkryging van patente, sodat ʼn ontdekking gelisensieer kan word en verder ontwikkel kan word deur ʼn bestaande maatskappy of ʼn beginnermaatskappy om die nuwe produk te produseer. Ons evalueer en ontgin ook alle ander beskikbare kommersiële moontlikhede om navorsers en entrepreneurs van advies, ondersteuning en die nodige hulpbronne te voorsien.