Befondsingsgeleenthede

Versoek vir aansoeke: Oos-Kaapse Gesondheidsnavorsing en –Innovasie

Die Suid Afrikaanse Mediese Navorsing Raad, onder leiding van die Toekennings Innovasie en Produkontwikkelingseenheid beoog die finansiering van projekte wat fokus op ingrypings vir moederlike-, kinder- & vrouegesondheid, Nie-oordraagbare siektes, Geestesgesondheid, Seksuele voortplantingsgesondheid  en Geweld teenoor vrouens en kinders.  Die impak van COVID-19 op bogenoemde, behoort ook van belang te wees, of d.m.v. gesondheidstelsel navorsing of digitaalgebaseerde navorsing. 

Publikasie van Versoek:                                            31 Julie 2020

Sperdatum vir indiening van aansoeke:                  11 September 2020 (23:59 SA tyd)

Hersiening voltooing en terugvoer:                          September - November 2020

Toekenning en  kontraktering:                                  Desember 2020 

Dokumente

Meer inligting

Oproep to Deelname: BIO Afrika Digitale Konvensie 2020

Die derde weergawe van die ‘BIO Afrika Konvensie’ sal van 24 tot 26 Augustus plaasvind.

Die konvensie verskaf ‘n platform vir paneelbesprekings, venootskapvorming, virtuele uitstallings, maatskappy voorleggings, tentoonstelling van Afrika biotegnologieë aan die wereld en skakeling met belanghebbendes in die streeks- en globale biotegnologie omgewing van die gesondheid, landbou, industriële en ontluikende biogebaseerde sektore van die wereld. 

Die tema van die ‘BIO Afrika 2020 Digitale Konvensie’ is “Ontdek, Ontwikkel en Versprei” en TIA bly steeds ‘n venoot van die Konvensie. 

Oproep tot deelname: BIO Afrika Digitale Konvensie 2020.

'Startup Incubator' - Groen Energie - Oproep vir aansoeke

Die 'Africa Women Innovation and Entrepreneurship Forum' (AWIEF) het 'n nuwe inisiatief geloods “Enterprise Development for Women-Owned Ventures in Green Energy”. Befonds deur die 'African Women’s Development Fund' (AWDF), ondersteun die 12-maande program 70 vrouens, wat betrokke is by hernubare en groen energie produksie in twee Afrika lande - MALAWI & NIGERIE.

Groen Energie - Oproep vir aansoeke

Aanlyn Aansoekvorm

Aansoeke maak oop – 10 Julie 2020

Aansoeke sluit – 15 Augustus 2020

SA-Egipte Gesamentlike Oproep vir Voorstelle in Toegepaste Navorsing en Innovasie Projekte in Ontwrigtende Tegnologiee

Tegnologie Innovasie Agentskap (TIA), tesame met Egipte se Akademie vir Wetenskaplike Navorsing en Tegnologie (ART) het ‘n samewerkingsooreenkoms onderteken, met die doel om toekomstige geteikende markverwante navorsingsamewerking en tegnologie innovasie vennootskappe tussen die twee lande te bevorder.

TIA en ASRT nooi hierby alle geinteresseerde deelnemers uit om toegepaste navorsing en innovasie projekvoorstelle in die veld van ‘Ontwrigtende Tegnologiee’, met ‘n fokus op werklike-wereld oplossings in Landbou, Water, Hernubare energie en Gesondheid, in te handig.

Toegang tot die ‘Konsep-Nota’ kan gekry word deur op die volgende skakel te klik:

https://www.tia.org.za/blog/2020/06/03/sa-egypt-joint-call-for-proposals-in-applied-research-and-innovation-projects-in-disruptive-technologies/ of sien aangehegde document: Konsept Nota Sjabloon

Om praktiese redes, sal ons nie navorsers vanuit die twee lande by mekaar uitbring nie, maar ons kan wel navorsers op soek na vennote, bystaan.

Sluitingsdatum vir aansoeke is 30 Junie 2020, om 16h30 (CAT) 

Vir meer inligting, kontak vir Zipho Zwane (Besigheids Ontwikkeling Beampte: Internasionale Vennootskappe, TIA) by zipho.zwane@tia.org.za.

TIA Oproep vir Voorstelle - Essensiele Olies Projek

TIA (Tegnologie Innovasie Agentskap) nooi ervare individue, met 'n sterk agtergrond in die essensiele olies industrie en met tegnologiese innovasies en innoverende oplossings, uit om aansoeke in te dien vir verdere navorsing- en ontwikkelingsaktiwitieite.  Die doel is om die essensiele olies industrie te bevorder.

Oproep vir Voorstelle - Essensiele Olies projek

TIA Aansoekvorm - Essensiele Olies projek

COVID-19 Kunsmatige Intelligensie & Gesondheids aansoek - Oproep vir voorstelle

TIA se 'Oproep vir voorstelle' poog om befondsing te bied vir innoveerders en maatskappye wat oor 'kunsmatige intilligensie' (AI) en gesondheidstegnologie beskik om die COVID-19 pandemie in South Africa te help beveg.

Sluitingsdatum vir voorleggings: 15 Julie 2020

COVID-19 Aansoekvorm

'COVID-19 Africa Rapid Grant Fund'

'South Africa's National Research Foundation' (NRF) in vennootskap met die 'Science Granting Councils Initiative in Sub-Saharan Africa' (SGCI), 'South Africa's Department of Science and Innovation' (DSI), 'Canada's International Development Research Centre' (IDRC), 'Fonds de Reserche du Québec' (FRQ), die 'Swedish International Development Cooperation Agency' (Sida), 'United Kingdom's Department for International Development' (DFID), die 'United Kingdom Research and Innovation' (UKRI) deur die 'Newton Fund', en SGCI deelnemende rade oor 15 lande in sub-Sahara Afrika, is opgewonde om die COVID-19 Africa Rapid Grant Fund. bekend te stel.  Die 'Rapid Grant Fund' beoog om by te dra tot Afrika se streek- en kontinent reaksie tot die COVID-19 pandemie.

Openingsdatum:   Maandag, 18 Mei, 2020

Sluitingsdatum:   Woensdag, 17 Junie, 2020

NEWTON Befondsing

Welkom by die VK Universiteite se Internasionale Newton Befondsing Bulletin.

Hierdie bulletin verskaf inligting rondom openingstye en sperdatums van befondsingsroepe.

'Section 12J' Digitale Tegnologiefonds

'Section 12J' Digitale Tegnologiefonds

'Kalon Venture Partners' belê in en bou 'n portefeulje van hoë-groei tegnologie maatskappye, met innoverende besigheidsmodelle, gerig op bestaande en ontluikende instellings en hul kliënte.

'Kalon Venture Partners' belê groeikapitaal in die vorm van aandele wat gebruik word om gevestigde, maar steeds hoë-risiko ondernemings te help met uitbreidingsaktiwiteite, soos om addisionele vastrapplek in Suid-Afrika en oorsese markte te skep, sowel as om nuwe produk-/tegnologielyne te skep.

Toegang tot die aanlyn befondsingsaansoek by die volgende adres:  www.kalonvp.com/entrepreneur/apply-for-funding/

MEST Africa Challenge 2019

'MEST  Africa Challenge 2019'

Aansoeke het sopas geopen vir die 2019 'MEST Africa' opheffingskompetisie! 

Die 'MEST Africa Challenge' keer terug vir die 2de jaar, en bied tot en met $50,000 in aandele beleggings vir nuwe maatskappye ('startups') geleë in Suid-Afrika, Ghana, Nigerië, Kenya en die Ivoorkus. 

Gaan na: www.mestafricasummit.com/MAC vir meer inligting en om aansoek te doen.

DTI: ONDERSTEUNINGSPROGRAM VIR INDUSTRIËLE INNOVASIE (SPII): DIE PRODUKPROSES ONTWIKKELINGSKEMA.

Ontwikkelingsprogram vir Industriële Innovasie (SPII): Die Produkproses Ontwikkelingskema

Die Produkproses Ontwikkelingskema poog om tegnologie-ontwikkeling te bevorder dmv die voorsiening van finansiële bystand vir die ontwikkeling van nuwe produkte en/of prosesse.

Om aansoek te doen, besoek die dti webblad, en gaan klik op die 'finansiële bystand' skakel.  Alle inligting, insluitend aansoekvorms en riglyne word voorsien vir elk van die dti befondsing en/of aansporings.  Ingevulde aansoekvorms tesame met ondersteunende dokumente, moet dmv van e-pos ingehandig word na:  spiiapplications@thedti.gov.za

WAITRO - Innovasie Toekenning

WAITRO (World Association of Industrial & Technological Research Organization) - Oplos van waterverwante uitdagings oor die wereld.
 

By die WAITRO Sekretariaat, is dit ons doel om jou die beste geleenthede te bied om die WAITRO Netwerk te gebruik.  Daarom het ons die ‘Befondsings-roep vir Uitdagings en Projek Idees’ gepubliseer om innoverende projek idees op waterverwante projekte te bevorder. Dit is ‘n waardevolle geleentheid vir alle WAITRO lede om projek voorstelle oor water-verwante uitdagings in te handig en om die regte vennoot te vind om hul idees te realiseer.

Terselfdertyd, wil ons aansporings daar stel om innoverende projekte te begin wat help om volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te behaal.  Daarom het ons die WAITRO Innovasie Toekenning bekendgestel, ‘n gulde geleentheid vir WAITRO lid projekspanne om USD 25,000.00 te wen vir hul water-verwante projek voorstelle.

Vir verdere inligting oor die Innovasie Toekenning en die ‘Oop Roep vir projek idees’, vind  aangeheg die dokumente waar jy al die nodige inligting sal vind vir die ‘Roep vir Uitdagings en Idees’ asook die ‘Innovasie Toekenning’, en hoe jy kan deelneem en voordeel daaruit trek.  

Ons sien uit om jou innoverende idees te ontvang en om inspirerende venootskappe op te bou, om sodoende volhoubare waterverbruik wereldwyd te bevorder!  

TIA Saadfonds

Geen huidige Befondsingsroepe nie.

Vir enige TIA (Tegnologie Innovasie Agentskap) Saadfonds navrae, kontak gerus vir Me. Doret Kruger

Tel: 018-299 4508   E-pos: Doret.Kruger@nwu.ac.za