Die NWU Galery bied met trots aan:


RACONTEUR | Covid-19 the NWU Way
Vrydag 11 September 
 

RACONTEUR COVID-19 the NWU WAY is 'n aanlyn-uitstalling wat poog om die verhale van ons studente en personeel tydens die grendeltyd deur middel van 'n reeks aanlynuitstallings te ondersoek.

Die grendeltyd het aan ons vele geleentheid gebied om die talle verborge talente te verken. Ons hoop om die prag wat kreatiwiteit, in hierdie ongekende tye met verskillende vlakke van druk, visueel te sien. Die vertel van stories tuis vorm die kern hierdie uitstalling, die ware agter-die-skerms blik op u artistieke prosesse.

RACONTEUR COVID-19 the NWU WAY hoop om die spanning wat die pandemie vir almal meegebring het, te verlig. Ons hoop dat u hierdie uitstalling sal geniet en dat wyd gedeel sal word om die grendelgriewe weg te wys.

Kunswerke in hierdie uitstalling is deur studente, personeel en alumni van die Noordwes-Universiteit geskep.

Volg die NWU Galery se sosiale media-bladsye vir meer inligting.

[Raconteur-banier ontwerp deur Jo-Ann Chan]

Sien die 'RACONTER | Covid-19 the NWU Way' se uitstalling hier